18 thoughts on “Color your World: Dandelion

  1. Interessant wat Lewies oor Mymer. Mens moet hom nie plant nie jy moet hom net laat gaan waar hy wil, ha ha. Ook maar n moeilike plant om uit te roei. My grasperkie is geen gras maar “perdeblommetjies” en klawer groei weelderig. Wat is dandelion se afr naam nou weer? Die geel is beslis n treffer.

    Liked by 1 person

    1. Dis glo n perdeblom. Ek het die volgende op die internet gekry! Die hele plant kan gebruik word in disse, van die wortels, die blare en die blom, en het nogal groot medisinale waarde. Die blare kan in slaai gebruik word of in warm water gelaat word om te trek soos tee. Die blomme sonder die stingels is ook eetbaar en kan ook in slaaie gebruik word.. Dan kan die wortels van die plant ook gerooster en gemaal word en ook soos koffie gedrink word.
      Die blare en wortels van die plant bevat hoë vlakke van potassium, vitamines A, B, C en D en is baie goed vir die lewer en galblaas en dit stimuleer ook die niere. Verder kan dit ook help vir velprobleme, rumatiek, osteo-artritis en jig.

      Like

Penny for your thoughts . . .

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.